Joernaal is ‘n tydskrif vir elkeen wat positief wil ouer word en wat aktief werk aan ‘n gesonde brein en lewensuitkyk. Dit is propvol raad oor hoe om ‘n positiewe, gesonde en kreatiewe lewe te leef asook fassinerende geskiedenis, heerlike breinspeletjies en hope inspirerende blaaie vir jou eie joernaal.